| Author | van niekerk dolf |
| Format | paperback |
| Pages | 62 |
| Publisher | protea boekhuis |
| Manufacturer | PROTEA BOEKHUIS |
(This title is available on demand : expected date of dispatch will be 4-7 working days once ordered)
In Dolf van Niekerk se sesde digbundel kyk hy terug op mense, dinge en gebeurtenisse wat 'n betekenisvolle rol in sy lewe gespeel het. Die digbundel word as 't ware 'n klein galery van skilderye wat momente in die skrywer se lewe vasvang.
Die openingsgedig Vergange bevat 'n sleutel: Die gedigte handel wesenlik oor daardie oomblikke wat huiwer tussen aankoms en vertrek, oomblikke waarin die tyd saamvloei in die nou / se durende verlede. Daarom dra die beroemdheid of uiterlike belangrikheid van die onderwerp nie gewig nie: Gedigte oor figure soos pous Julius II, Albert Schweitzer en Peter Blum staan naas gedigte oor die skrywer se moeder wat hy vroeg verloor het, oor sy vader, 'n stoere wildeseringboom en 'n gunsteling-posduif.
Daar is ook gedigte oor magiese oomblikke, soos 'n besondere orkesuitvoering in Tel Aviv, 'n nag by die see en 'n oesdag in die Overberg wat herinner aan 'n Van Gogh-skildery. Dit is 'n ontroerende bundel waarin die digter nie net sin uit sy eie lewe probeer maak nie, maar ook besin oor beskawing en by monde van Bartolomeus Dias vermoed: Afrika duld nie vreemde goed.
Loading similar products...
Stay informed about the best deals and price drops. Choose which notifications you'd like to receive from PriceCheck.
Free easy-to-follow course for anyone in South Africa who wants to learn how to start a digital business.