| Author | schoombee anton |
| Format | paperback |
| Pages | 200 |
| Publisher | protea boekhuis |
| Manufacturer | PROTEA BOEKHUIS |
(This title is available on demand : expected date of dispatch will be 4-7 working days once ordered)
Vir Stefan is die oorgang van seksuele dier tot voorbeeldige pa 'n naatlose een. Dis soos verskillende kamers in jou kop, se hy vir homself, wat niks met mekaar te doen het nie, waar jy kan ingaan en uitkom nes jy wil, die deure agter jou toemaak.
Aan die manier van dink en handel is daar vir hom niks onsedelik of selfs ongemaklik nie; dit is hoe jy oorleef in 'n wereld wat byna om elke hoek teen homself draai. Trouens, hy is trots op sy vermoe om 'n verkleurmannetjie te wees. Nee, nie 'n verkleurmannetjie nie, eerder 'n man van vele fasette, a man for all seasons - dit verg immers 'n sekere intelligensie.
Sonde van Lusinda is die verhaal van Stefan, 'n 43-jarige prokureur en eskeide pa van 'n tienerdogter, wat by 'n braai verlief raak op 'n 20-jarige model sonder matriek. "Age is just a number!" verseker sy hom. Sal hy die "blonde bom" kan weerstaan? Wat sou die impak van so 'n onmoontlike verhouding wees op sy familie, sy vriendekring en sy werk?
Is dit hoe 'n midlife crisis lyk?
Loading similar products...
Stay informed about the best deals and price drops. Choose which notifications you'd like to receive from PriceCheck.