| Author | van den bergh kas |
| Format | paperback |
| Pages | 160 |
| Publisher | protea boekhuis |
| Manufacturer | PROTEA BOEKHUIS |
(This title is available on demand : expected date of dispatch will be 4-7 working days once ordered)
Hierdie verhaal is vol van avontuur, misterie en romanse. Dit is 'n lekkerleesboek wat die leser se aandag tot die einde behou. Toe 'n vreemde man onverwags op Rietkuil as plaasbestuurder begin werk, is dit die begin van 'n reeks onverklaarbare gebeure.
Waar Rietkuil eens op 'n tyd die rustigheid self was, bring die nuweling op die werf 'n vlaag van misdade met hom saam en selfs harte bly in die slag. Dan sien Tant Annie een spookagtige aand die vreemde man met 'n groot, donker bondel in sy arms haastig in die donker skaduwees verdwyn. Wie is hierdie man?
Wat is sy regte naam? Waar kom hy vandaan? Wat steek hy weg? Met Man uit die vreemde prikkel Kas van den Bergh die leser se nuuskierigheid met volgehoue vernuf, sodat die boek nie neergesit kan word voordat die ware identiteit van die vreemdeling bekend is en al sy geheime onthul is nie.
Loading similar products...
Stay informed about the best deals and price drops. Choose which notifications you'd like to receive from PriceCheck.