| Author | jooste helm, mouton fred |
| Format | paperback |
| Pages | 140 |
| Publisher | protea boekhuis |
| Manufacturer | PROTEA BOEKHUIS |
(This title is available on demand : expected date of dispatch will be 4-7 working days once ordered)
Verlang jy ook soms, soos ou Suidwesters, na vervloe dae se kerkbasaars, geselsies maak met sout-van-die-aarde-karakters of night caps in die Nord Hotel se kroeg? Dink jy ook met heimwee terug aan karavaanvakansies, Etosha se kilometers bos- en vlaktewereld en ure se gesels om die braaivleisvuur?
Met Verdriet se moses neem Helm Jooste sy lesers op ? nostalgiese reis na daardie Suidwes: 'n Plek waar vrinne mekaar help om verdriet af te skud, waar elke kuier eers met 'n laaste kleine Kleine afgerond moet word, en jeugdige joligheid 'n mens jare later nog kan laat skater. Lees hoe 'n misleidende ontmoeting met 'n loskop net die regte medisyne vir 'n ontspoorde wewenaar geword het, hoe 'n weerbarstige motortoeter byna tot moord gelei het en hoe vier gestrande manne maak as 'n hotel ontydig tjokkenblok vol is.
Verdriet se moses volg op Helm Jooste se eerste twee boeke: Daar doer in Duitswes (1989) en Dinge daar doer (1992), waarmee hy verwelkom is as "bobaasverteller oor die ou dae in Namibie". Verskeie humoristiese vertellinge van Helm Jooste word in hierdie boekie saamgevat. Meeste van die vertellinge handel oor die ou Suidwes.
Loading similar products...
Stay informed about the best deals and price drops. Choose which notifications you'd like to receive from PriceCheck.
Free easy-to-follow course for anyone in South Africa who wants to learn how to start a digital business.