| Author | serfontein dot |
| Format | paperback |
| Model Number | 9781869195540 |
| Pages | 180 |
| Publisher | protea boekhuis |
| Manufacturer | PROTEA BOEKHUIS |
(This title is available on demand : expected date of dispatch will be 4-7 working days once ordered)
'n Boer met 'n voorliefde vir wilddiefstal moet teen die agtergrond van aanpassingsprobleme in sy huwelik en veranderende politieke omstandighede noodgedwonge sy (rampspoedige) laaste jagtog uitvoer.
En dan is daar ou Drien, die kleremaakster, wat diep in haar middeljare uiteindelik 'n "regte" huweliksaansoek kry; Diederik Verster wat onbesorg met 'n uiters sonderlinge stokperdjie voortploeter; en die "antie" wat 'n "sirpraais" in die vorm van 'n bykorf vol bye kry en dan, ongelukkig, graag die bye wil bevriend.
Die humor en deernis wat in die alledaagse skuil, kom in hierdie bundel kortverhale na vore - vertel soos net die skerpsinnige Dot Serfontein kan. Kleurvolle karakters beleef hartseer sowel as snaakse en soms pynlike avonture.
Loading similar products...
Stay informed about the best deals and price drops. Choose which notifications you'd like to receive from PriceCheck.