| Author | van Rensburg Roelf, Krynauw Theo |
| Format | paperback |
| Pages | 48 |
| Publisher | Protea Boekhuis |
| Manufacturer | PROTEA BOEKHUIS |
(This title is available on demand : expected date of dispatch will be 4-7 working days once ordered)
Dis Van Hunks en die Duiwel se skuld dat daar gereeld so 'n swaar kleed oor Tafelberg le, so lui die ou-ou legende. Dit is ook van hulle twee se rookkompetisie waar Duiwelspiek sy naam gekry het.
Met speelse, humoristiese teks en prettige, verbeeldingryke illustrasies blaas Roelf van Rensburg en Theo Krynauw moderne woema in 'n tydlose legende. In 'n sewentigtal kwatryne word vertel hoe die pyprokende Van Hunks in die eerste plek in die Kaap beland het - en wat sy rookmanie tot so 'n dawerende crescendo gedryf het.
Die feit dat hy oor toorkragte beskik wat hom onsterflik maak, is 'n bron van eindelose frustrasie vir Van Riebeeck en sy kompanjie, maar is beslis die kern van 'n kat-kom-weer-scenario wat lesers sal laat skater. As jy nog nie die storie Van Hunks en die Duiwel gehoor het nie, moet jy hierdie boek lees, so waar as wat Tafelberg plat is.
Ken jy dit wel, sal jy hierna opnuut jou oe spits wanneer Duiwelspiek die dag onder 'n wolkkombers verdwyn.
Loading similar products...
Stay informed about the best deals and price drops. Choose which notifications you'd like to receive from PriceCheck.