| Author | van hee miriam |
| Format | paperback |
| Model Number | 9781869195434 |
| Pages | 128 |
| Publisher | protea boekhuis |
| Manufacturer | PROTEA BOEKHUIS |
(This title is available on demand : expected date of dispatch will be 4-7 working days once ordered)
Miriam Van hee is tans een van die mees gelese digters in die Lae Lande. In hierdie keuse uit haar poesie het Daniel Hugo, die vertaler, hom in sy keuse eerstens laat lei deur die vertaalbaarheid van die verse, maar ook probeer om die Afrikaanse leser 'n oorsig te bied van haar werk.
Van hee se poesie is so gestroop soos takke wat hulle blare verloor in die herfs, die seisoen wat dikwels in haar gedigte genoem word. Stemmings van stilte, afwagting en leegheid is oorheersend. Al is die landskappe waaroor sy skryf, met sneeu bedek, en al is die stede en huise waarin die verse geplaas word, die van 'n vreemde land, sal die Suid-Afrikaanse leser die emosies van verlies, weemoed en verlange maklik kan herken en daarmee identifiseer.
Daniel Hugo slaag uitmuntend daarin om die delikate wereld van hierdie Vlaamse woordkunstenaar in glashelder Afrikaans oor te sit.
Loading similar products...
Stay informed about the best deals and price drops. Choose which notifications you'd like to receive from PriceCheck.
Free easy-to-follow course for anyone in South Africa who wants to learn how to start a digital business.