| Author | Grobler Piet, Grobler Piet, Kleyn Shane |
| Format | hardback |
| Pages | 52 |
| Publisher | Protea Boekhuis |
| Manufacturer | PROTEA BOEKHUIS |
(This title is available on demand : expected date of dispatch will be 4-7 working days once ordered)
Piet Grobler (1959) is 'n welbekende, veelbekroonde en internasionaal erkende Suid-Afrikaanse kinderboek-illustreerder, sowel as 'n gevestigde kunstenaar wat se werk plaaslik en oorsee aftrek geniet.
In hierdie boekie beeld Piet Grobler die alfabet op sy eiesoortige, baie oorspronklike manier uit. By elke letter laat hy die voeltjie iets se en doen; een drink 'n glas leeg en breek 'n wind op (Burp!), 'n ander sit rustig op 'n tak tot 'n appel op sy kop val (Doink!), en ander voeltjies eet wurms (Njam!) of le eiers (Plop!).
Elke letter beslaan twee bladsye. Daar word telkens hoof- en kleinletters verskaf. Die interaksie tussen teks en illustrasie is baie snaaks: So breek 'n houtkapper 'n "T" met sy snawel middeldeur (Tok-tok-tok ...) en maak 'n ander voel sy nes bo in die "Y". Die voeltjies se ABC is 'n bekoorlike boekie wat vir ieder en elk plesier sal verskaf!
Loading similar products...
Stay informed about the best deals and price drops. Choose which notifications you'd like to receive from PriceCheck.