| Author | Dr. Dawie van Velden |
| Format | Softcover |
| ISBN | 9781869194666 |
| Pages | 260 |
| Publisher | PROTEA BOEKHUIS |
| Manufacturer | Protea Boekhuis |
Van 2006 tot 2011 het dr. Dawie van Velden honderde lesers se mediese vrae in Huisgenoot beantwoord. Die dokter as vennoot is 'n versameling van dr. Dawie se reguit, eenvoudige antwoorde. Beroerte, bloeddruk, aknee en seksuele disfunksie is van die algemene mediese toestande wat dr. Dawie bespreek, maar seldsame siektes soos Kawasaki-sindroom en Huntington se siekte word ook in alledaagse Afrikaans verduidelik.
Dr. Dawie van Velden glo dat die dokter daar is om die publiek te help. Dit is waarom hy jare van sy tyd gewy het aan mense se navrae aan Huisgenoot oor hulle gesondheid, hulle lewens en hulle vrese. Met die boek op jou koffietafel bly een van die gewildste huisdokters in Suid-Afrika jou gesondheidsvennoot.
Dr. Dawie van Velden praktiseer in Pietersburg en Sabie waarna hy aansluit by die UOVS as Direkteur van die Studentegesondheidsdiens. In 1984 word hy aangestel as senior lektor aan die Universiteit van Stellenbosch waar hy die Departement Huisartskunde vestig tot en met sy aftrede in 2003. Hy ontwikkel ’n belangstelling in sportgeneeskunde en holistiese gesondheidsorg en is betrokke by navorsing oor die gesondheidsvoordele van matige wynverbruik en die Mediterreense dieet.
Hierdie boek help dat jy nie oningelig na jou dokter hoef te gaan nie, en die regte vrae kan vra. Lees meer hier: <a href= " http://huisgenoot.com/artikels/Boeke/Boek-Die-dokter-as-vennoot-Dr-Dawie-van-Velden" rel="nofollow" target="_blank"> Huisgenoot resensie </a>
...read moreLoading similar products...
Stay informed about the best deals and price drops. Choose which notifications you'd like to receive from PriceCheck.